25% AFSLAG OP AANLYN KURSUS

AANLYN KURSUS
Die aanlynkursus is die beginnerskursus wat per e-pos aangebied word. Wat wel by die aanlynkursus ontbreek, is die groepwerk. Soms – as daar twee studente is wat min of meer dieselfde tyd met die aanlynkursus begin – kan groepbespreking wel via e-pos plaasvind.

HOE LANK DUUR DIE KURUS?
’n Aanlyn kursus kan enigiets van ses maande tot twee/drie jaar duur. Die skrywer bepaal sy eie tempo. Opdragte moet verkieslik op Donderdae of Vrydae ingestuur word. Die kursusleier het veertien dae om terugvoer te gee nadat ʼn opdrag ontvang is. Gedurende Maart, Junie, Julie en November is die eksaminator met skooleksamens en/of kursusse op ander dorpe besig. Dan kan dit tot dertig dae duur voordat enige terugvoer gegee kan word. Hierdie moet asseblief in gedagte gehou word wanneer opdragte geskeduleer word.

HOE WERK DIE AANLYNKURSUS PRAKTIES?
1.  ‘n Voorafopdrag word aan die student gestuur sodra die deposito betaal en al die nodige dokumentasie ontvang is.
2.  Die student gebruik vier weke om die opdrag uit te voer (of soveel tyd as wat nodig is) en stuur dan die voltooide opdrag aan skryfbesigheid@outlook.com.
3.  Laat veertien dae (behalwe die maande soos in die brosjure uiteengesit) vir terugvoer toe.
4.  ‘n Opdrag word nie vir ʼn tweede maal ingestuur nadat die student dit gekorrigeer het nie, maar die student word vriendelik versoek om die verhaal te gaan herskryf. Anders dien die skryfoefeninge en kursusse geen doel nie. (ʼn Fooi van 20c per woord word gehef vir die herlees van ʼn verhaal.)
5.  Die eerste module en opdrag word saam met die terugvoer van die voorafopdrag gestuur. Indien die student die volle bedrag met inskrywing betaal, word die modules as ’n eenheid (boek in Word) gestuur. Die skrywer mag dan meer as een opdrag gedurende die SKOOLVAKANSIES aan die kursusleier stuur.
6.  Gebruik weer so twee tot vier weke om die materiaal deur te werk en die voltooide opdrag op ’n Donderdag- of Vrydagaand in te stuur. Dit is baie belangrik dat elke opdrag ‘n week of langer alleen gelaat word om te rus voordat dit WEER deurgewerk en dan eers ingestuur word.
7.  As die afbetaal-opsie uitgeoefen word, moet die paaiement betaal word sodra die opdrag ingestuur word.
8.  Die proses soos hierbo uiteengesit, word met elke module herhaal.

IS DIE SKRYFOEFENINGE NA DIE KURSUS BRUIKBAAR?
Skrywers kan verseker wees: Ten opsigte van skryfoefeninge word daar beslis ver buite die spreekwoordelike boks gedink. Verhale wat tydens en na aanleiding van hierdie oefeninge geskryf is, is al vir publikasie aanvaar.

Skrywers moet daarom liefs nie met ‘n gedagte of idee vir ‘n nuwe verhaal met die kursus begin nie. Dit kan dalk net die pret bederf.

ALLE OPDRAGTE MOET GEDOEN WORD.

WANNEER BEGIN DIE KURSUS? Daar kan enige tyd met ’n aanlynkursus begin word. Die beginnerskursus se datums sal later bekend gemaak word (of soos die behoeftes daarvoor bestaan).

WAAR WORD DIE KURSUS AANGEBIED?
Die aanlyn kursus kan van enige plek in die wêreld aangebied word en studente kan selfs as hulle uitstedig is, met die kursus aangaan.

INHOUD
Die beginnerskursus en die aanlyn kursus daarmee saam, is 2014 vernuwe. Die aantal modules het 2016 van vyf na sewe uitgebrei. Al vorm die bekende PNSkryfskool-kursus die basis van die nuwe beginnerskursus, is daar baie nuwe leerstof, opdragte en skryfoefeninge. Die opvolgkursusse – waar ander genres aangedurf word – het hierdie verandering genoodsaak.

AL die modules moet gedoen word en alle opdragte moet uitgevoer word; anders kan ’n sertifikaat nie aan die skrywer uitgereik word nie.

MODULE 1: INLEIDING TOT DIE SKRYF VAN KORTVERHALE
*  Prosa: Nie-fiksie en fiksie
*  Kortkuns
*  ʼn Kortverhaal is…
*  Hoe verskil ʼn kortverhaal, essay en skets van mekaar?
* Novelle
* Roman
* Wat maak poësie anders?
* Die onderskeidende kenmerke van poësie

MODULE 2: ONTWIKKELING VAN ‘N GOEIE VERHAAL
* Storie-fonteine
* Die skryfproses
* Elemente van ‘n verhaal
* Intrige (Die bou van ‘n spannende storielyn).

MODULE 3: ONTWIKKELING VAN GELOOFWAARDIGE KARAKTERS
* Karakters in ‘n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakter en bykarakters.
* Konflik en spanning
* Verskillende vertellers
* Perspektief

MODULE 4: SKEP VAN ‘N GEPASTE ATMOSFEER
* Tyd
* Plek
* Atmosfeer
* Wys teenoor vertel
* Navorsing

MODULE 5: ALGEMENE LETTERKUNDIGE TERME
* Tema
* Boodskap
* Tekselemente
* Beeldspraak
* Stylfigure

MODULE 6: TEKSVERSORGING, REDIGERING EN AFRONDING
* Gebruik taal as instrument reg
* Tegniese versorging van ‘n manuskrip
* Redigering
* Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek
* Hardkoppigheid kan jou skrywerskippie laat sink.

MODULE 7: KRITIEK
* Hoe lewer ek kritiek?
* Hoe hanteer ek kritiek?

Koste
AANLYNKURSUS
Die aanlynkursus kos R4 800, MAAR vir die tydperk 9 MAART 2021 tot 31 Mei 2021 word die aanlynkursus SLEGS vir R3 360 aangebied. Dit beteken ’n Afslag van 25% word toegestaan. Skrywers wat voorheen van Die Skryfbesigheid se diens gebruik gemaak het (en persone wat deur Kwartz Publishers verwys word) kan vir hierdie tydperk ongelukkig nie soos voorheen op verdere afslag aanspraak nie. Afbetaling kan gereël word, maar dit werk so bietjie duurder uit.

AFBETAALOPSIES VIR DIE AANLYNKURSUS
Betaal ʼn deposito van R1 680 met registrasie en daarna vier paaiemente van R430. (Eerste paaiement betaalbaar met die inhandiging van opdrag 1 en 2 en daarna met inhandiging van elke twee opdragte tot die volle bedrag afbetaal is.) Of betaal sewe paaiemente van R500.

Die skrywer moet eers ʼn deposito betaal alvorens daar met die kursus begin kan word. Wat die aanlyn kursus meer bekostigbaar maak, is dat daar afbetaling gereël kan word. Die enigste vereiste is, dat geen nuwe materiaal aangestuur sal word as die paaiement nie betaal word nie.

Die deposito word verbeur sou ‘n skrywer nie opdaag nie of nie die afbetalingsooreenkoms nakom nie. Indien ʼn skrywer meer as twee modules doen en dan met die kursus ophou of onttrek is die skrywer steeds verantwoordelik om die volle kursusfooi te betaal.

REGISTRASIE
Om te registreer moet die skrywer ʼn kwotasie aanvra indien daar nie een saam met die brosjure aangestuur word nie. Die kwotasie moet skriftelik aanvaar word. ’n Registrasievorm en die onderneming moet voltooi word. Sodra die deposito betaal is, is die skrywer geregistreer.

NAVRAE per e-pos: skryfbesigheid102@gmail.com of skryfbesigheid@outlook.com



WINTERWEGBREEK VIR SKRYWERS 11 – 17 JULIE 2021

Skrywers het soms die versugting: “As ek net vir ’n rukkie kan wegbreek … Ek wens so ek kan net vir ’n paar dae saam met ander skrywers wegbreek en net oor skryf praat.”

SONSONDERGANG: DWARSKERSBOS

Die geleentheid het aangebreek. Ons gaan gedurende die Julie-skoolvakansie Dwarskersbos (Weskus) toe. Skrywers gaan op hulle eie aan hulle tekste kan werk, maar die groep kan as klankbord gebruik word om aan die teks te slyp.

DATUM

Arriveer: 11 Julie 2021 vanaf 15:00 

Vertrek: 17 Julie 2021 teen 08:00

PLEK

Die mooie weskus

Ons gaan op Dwarskersbos van twee plekke gebruik maak, naamlik: JubelnJuig Selfsorgeenheid en Hemel op Aarde Gastehuis

KOSTES

Verblyf

Dit kos R500 per persoon per nag. Ses nagte se verblyf kos dus R3000. Hierdie kostes sluit die volgende in:

08:00 – Tee/koffie en versnapperinge (Ligte ontbyt)

Vrugte, water en sap op die skryftafel

Koffie en tee deur die loop van die dag

Middagete.

Aandete is vir die skrywer se eie sak. Daar is restaurante in Velddrif en Laaiplek wat ongeveer 12 km van Dwarskersbos af is. Heerlike wegneemetes is by die Vis Vlekhuis of die SPAR beskikbaar.

Op 16 Julie 2021 gaan almal saam by een van die restaurante uiteet om die week op ’n gesellige noot af te sluit. Hierdie is ook vir die skrywer se eie rekening.

Skryf asseblief so spoedig moontlik in deur:

’n Deposito (50% van die totale verblyfkostes) te betaal. Die verblyf kan afbetaal word, maar tref asseblief vooraf reëlings met Mariette Maartens.

Stuur die voltooide inskrywingsvorm en bewys van betaling na Mariette Maartens (mariettemaartens@gmail.com) en Trudy Erasmus (skryfbesigheid102@gmail.com).

Die volle fooi vir die verblyf moet asseblief voor of op 11 Julie 2021 betaal word.

BANKBESONDERHEDE OP AANVRAAG BESKIKBAAR

LET WEL:

  • Indien die geleentheid weens COVID-19 gekanselleer moet word, sal alle gelde wat reeds betaal is, terugbetaal word.
  • Wanneer die skrywer self nie opdaag nie of kanselleer, word die deposito as kansellasiefooi geneem.

Fasiliteringsfooi  

’n Fooi van R550 (vir die hele week) vir die fasilitering van die wegbreek geleentheid is aan Trudy Erasmus betaalbaar, maar moet eers op 11 Julie 2021 betaal word en verkieslik in kontant.  

HOE GAAN DIE WEGBREEKGELEENTHEID PRAKTIES WERK?

  • Elke skrywer daag met EEN van die volgende op:
  • ’n Roman waarvan daar 3 – 5 hoofstukke klaar is en nou verder aan wil werk. In hierdie geval moet die voltooide gedeeltes aan die groep beskikbaar gestel word sodat hulle agtergrondskennis van die teks kan hê indien daaraan geslyp moet word..
  • Idee vir ’n roman wat tydens die wegbreek mee begin gaan word..
  • Geen idee waaroor geskryf kan word nie. In hierdie geval kan die fasiliteerder gevra word om die nodige stimuli te verskaf waaruit ’n idee geskep kan word sodat die skrywer met ’n verhaal tydens die wegbreek kan begin.
  • Soggens om agtuur kom die groep bymekaar om op ’n positiewe en opbouende manier mekaar se werk te slyp. Groepbespreking behoort tot 11:00 te duur waarna die skrywer weer die kans het om op sy eie aan sy eie teks te werk waar sy/hy ookal verkies om te werk.
  • Verdere reëlings kan getref word wanneer die groep die eerste maal bymekaar kom.

BRING SAAM

  • U eie masker en ontsmetmiddel (vir die hande).
  • HIERDIE IS ’N VEREISTE, omdat ons die terugvoer elektronies geskied en al die skryfwerk word ook elektronies gedoen. ’n Skootrekenaar en twee geheuestokkies.
  • ’n Eksamenblok en ander skryfbehoeftes soos bv. potlode, penne ens.
  • Koffie, tee, melk, suiker, beskuit of ander versnapperinge om u deur die nag te sien of om die ergste honger soggens voor die kursus te stil.
  • Hemel op Aarde het ‘n groot kaggel/braai waar daar vuur gemaak kan word. Hout sal beskikbaar wees @ R70 vir 20kg wat nogal lank brand. Daar sal ook ‘n gasverwarmer beskikbaar wees en twee klein blaasverwarmers. Alle beddens het elektriese komberse.
  • Warm baadjie, trui en ’n reënjas/baadjie.
  • Kamera of selfoon met ’n goeie kamera.
  • Chroniese medikasie. Daar is ‘n goeie apteek by die SPAR.
  • WiFi sal beskikbaar wees, maar bring u eie mobiele data saam indien u elders – soos ’n restaurant – wil gaan werk.

SLUITINGSDATUM

Bespreek en betaal deposito voor/op 15 Junie 2021.

Jubel’nJuig
Lekker slaap by Jubel’nJuig

NAVRAE

Trudy Erasmus

E-pos: skryfbesigheid102@gmail.com

Moenie tyd verspeel nie. Skryf NOU in.

 

Wil jy nou meer? Oor ‘n maand sluit die inskrywings vir die NOVELLESKRYFKURSUS wat van 1 – 7 Julie 2018 op UPINGTON aangebied word. Die tem van die kursus is: Humor en die aanwending daarvan in verhale.

Belangstellendes word aangmoedig om so spoedig moontlik in te skryf omdat daar wye belangstelling in die kursus is. Plek is beperk en behalwe dat ons hard aan die skryf gaan wees, gaan daar baie pret ook wees. Kosbare vrienskappe word gesmee en herinneringe gebou.

Volg hierdie skakel vir meer besonderhede. Hier kan die inskrywingsvorm afgelaai word of die elektroniese navraagvorm kan ingevul word.

Humor en die aanwending daarvan in verhale

Novellekursus

Upington

1 – 7 Julie 2018

Om te skryf, is om jou gedagtes op papier te verewig. Om GOED te skryf, is ’n kuns en ’n vaardigheid. Met hierdie kursus kan jy jou natuurlike talent en vaardighede slyp. Na afloop van die kursus kan jy met ses voltooide hoofstukke van jou roman of novelle spog.
Trudy Erasmus

INLEIDING
Jy het iets om te sê. Of iets om te skryf. Jy gaan dit skryf, maar jy is nie seker waar om te begin nie. Begin jy in die middel? Dalk met die einde? Of begin mens altyd by die begin?

Die antwoord is eenvoudig. Dit hang alles van die verhaal af. Maar hoe weet jy wat die verhaal verlang? Kennis en ondervinding leer mens wat om te doen.

Woon daarom ’n kursus van Die Skryfbesigheid by waar jy kennis en ondervinding opdoen.
Waarom ’n kursus op Upington aanbied?
Die Skryfbesigheid glo dat talent oral te vinde is en nie net in die stede nie.

Daarom het ons ses jaar gelede besluit om kursusse ook buite Gauteng aan te bied. Die eerste vyf kursusse is aan die Weskus aangebied. Die kursus is as’t ware na die mense geneem.

Vir vyf jaar het ons elke jaar op Dwarskersbos ’n kursus gedurende die winter aangebied, maar het verlede jaar besluit om na ander streke van ons land te reis. April 2017 is ons Christiana toe. Op die walle van Vaalrivier het ons gewoeker en getik dat die water spat.

Vanjaar reis ons verder.

Upington, skud jou vere reg!

Ons is op pad met ons blaaibord, papier, rekenaar, tonne inspirasie en ’n sak vol idees om ’n kinkel in jou storielyn te veroorsaak.

Die kursus, in die vorm van ‘n werkwinkel, word vanaf   1-7 Julie 2018 by die NCR TVET College, Steve Naude-straat 1, Blydeville, Upington aangebied.

TEMA
Humor en die aanwending daarvan in verhale.
Dit beteken nie dat jy verplig gaan word om ’n humoristiese verhaal te skryf nie. Die klem gaan eerder val op die gebruik van humor om ’n verhaal in te kleur en humor as hulpmiddel tot karakterisering.

SPESIALE AANBOD
Vir beginners word die novellekursus en die aanlynkursus in kombinasie teen ʼn spesiale afslagprys aangebied. Pryse word op bladsy ses aangegee.

Die aanlynkursus is ook nie ’n verpligtend vir beginnerskrywers nie. Dit maak dit vir hulle soveel makliker as hulle ’n bietjie ondervinding het.

WANNEER?
1-7 Julie 2018. Die program begin soggens stiptelik om 08:30.

Registrasie
Alle skrywers moet Saterdag 30 Junie 2018 om 19:00 aanmeld vir registrasie. Die adres sal later bekend gemaak word. Dit is baie belangrik dat skrywers wel hier aanmeld omdat die eerste opdragte hier bespreek en uitgedeel word.

WAAR?
NCR TVET College, Steve Naude-straat 1, Blydeville, Upington.

WANNEER SLUIT INSKRYWINGS?
Inskrywings sluit op Saterdag 16 Junie 2018 om 21:00. Inskrywings wat na hierdie datum ontvang word, sal oorweeg word mits daar plek beskikbaar is. (ʼn Maksimum van tien tot twaalf persone kan tot die kursus toegelaat word.)
ʼn Boete van R500 vir laat inskrywing sal gehef word.

KURSUSINHOUD
Alle skryfkursusse wat Die Skryfbesigheid aanbied, fokus sterk op die skryf van kreatiewe teks. Hierdie teks word die volgende dag deur die kursusleier asook die groep bespreek. Opbouende kritiek word daar in ’n simpatieke atmosfeer gegee. Almal raak naderhand so opgewonde oor mekaar se verhale dat almal in die karakters se lief en leed deel.

Skrywers vind gewoonlik die groepbesprekings en die verdere uitbou van die storielyn deur middel daarvan uiters waardevol.

Die kursus skop af met ’n kort lesing oor sekere teoretiese aspekte wat verband hou met die spesifieke tema van die kursus. Vanjaar se tema, Humor en die aanwending daarvan in verhale, word volgens die volgende onderwerpe bespreek.
1. ’n Kort oorsig oor die belangrikste verhaalelemente.
2. Die verskil tussen karaktergedrewe en aksiegedrewe verhale.
3. Die ware karakter van humor – ’n kort teoretiese oorsig.
4. Slaggate om te vermy.
5. Die rol van die skrywer tydens die skryf van humor.

Die inhoud mag min en ontoereikend lyk, maar humor is so ’n omvangryke onderwerp dat mens dae nodig het om dit te bespreek. Daarom het ons op hierdie vyf punte van belang besluit.

Nadat die teoretiese bespreking afgehandel is, word daar daagliks aan ’n novelle of roman geskryf. Teen die einde van die kursus sal daar ten minste ses hoofstukke klaar wees. Tydens die groepbespreking word daar kommentaar op die nuutgeskrewe hoofstukke gelewer. Dit beteken dat elke student MOET sy/haar taak vir daardie dag na die beste van sy/haar vermoë uitvoer. Die sukses van die kursus berus sterk op die samewerking van almal teenwoordig. Dit beteken dat elke skrywer ook daagliks ʼn aantal tekste sal moet lees en vir die groepbespreking voorberei.

Terugvoer tydens die groepbespreking word in ʼn simpatieke atmosfeer gelewer en dra opbouend tot die bemagtiging van die skrywer by.

Voorlopige program
1 Julie 2018
08:00: Koffie/Tee
08:30: Lesings begin
10:30: Koffie/Tee
11:00: Lesings hervat
14:00 Ligte middagete
14:30 Lesings hervat
16:00 Studente onttrek
20:00 Handig hoofstuk 1 via Dropbox in en berei voor vir groepbespreking

2 Julie 2018
08:00 Koffie en tee
08:30 Lesings hervat
10:30 Koffie/tee
11:00 Lesings hervat
14:00 Ligte middagete
14:30 Groepbesprekings
16:30 Studente onttrek
20:00 Handig hoofstuk 2 in via Dropbox en berei voor vir groepbespreking

3 Julie 2018
09:00: Lesings hervat
10:30: Koffie/Tee
11:00: Groepbespreking
14:00 Ligte middagete
14:30 Groepbespreking en studente begin skryf aan volgende hoofstuk
16:30 Studente onttrek
20:00 Handig volgende hoofstuk in en berei terugvoer voor

4-7 Julie 2018
08:00 Koffie/Tee
08:30 Groepbespreking
10:30 Koffie/Tee
11:00 Groepbespreking hervat
14:00 Ligte middagete
14:30 Groepbespreking/begin skryf
16:00 Koffie/tee
16:30 Studente onttrek
20:00 Handig volgende hoofstuk in en berei terugvoer voor.

7 Julie 2018
18:30 Afsluitingsonthaal & sertifikaatgeleentheid

TOELATING
Enige persoon ouer as agtien jaar is welkom om in te skryf. Persone jonger as agtien mag inskryf, mits hulle deur ʼn ouer of grootouer vergesel word. Die volwassenes hoef nie die kursusfooi te betaal nie, maar moet steeds hul eie verblyf, etes en vir die verversings betaal.

Hierdie is ʼn gevorderde kursus en dis daarom wenslik dat skrywers ’n basiese kennis van kreatiewe skryfkuns het. ’n Gebrek aan ondervinding of kennis moet niemand verhinder om vir hierdie kursus in te skryf nie. Persone wat nie die aanlynkursus kan bekostig nie, en nogtans vir hierdie kursus wil inskryf kan dit doen. Die kursusleier sal addisionele hulp verskaf.

ʼn Spesiale aanbod word aan beginners gemaak: Skryf vir sowel die aanlyn-, as die novellekursus in en betaal slegs R1 800,00 vir die aanlynkursus. In 2018 gaan die aanlynkursus R4 340,00 kos!

Daar moet so spoedig moontlik met die aanlynkursus begin word, sodat die eerste vier modules met die aanvang van die novellekursus afgehandel kan wees.

KOSTES

Is op aanvraag beskikbaar. Vul onderstaande elektorniese navraag in.

REIS EN VERBLYF
Jy is baie welkom om iemand saam te bring. Jy is net self verantwoordelik vir al die besprekings en onkostes. Jou metgesel hoef nie vir die kursus te betaal nie, maar indien hy/sy saam met ons by die kursus gaan eet, moet jy ons vooraf daaroor inlig sodat ons vir hom/haar etes kan bespreek en dit by jou onkostes kan voeg.

Reiskostes na en van Upington is jou eie verantwoordelikheid. Bespreek en betaal van verblyf in Upington moet ook deur jouself gedoen word.

Die Skryfbesigheid kan ook nie verantwoordelik gehou word vir enige skade of verliese wat gelei word as gevolg van ongelukke wat op pad plaasvind of skade wat gely word as gevolg van verblyfreëlings wat misluk of foutiewelik gemaak is of enige kriminele dade nie.

Hier volg ʼn lys van gastehuise waar u moontlik plek kan bespreek:

Chateau Gastehuis – 054 332 6504
Habitat Gastehuis – 054 332 4311
Flip Flop – 082 577 5312
Versamelnes – 082 335 56221
Alimeto Gastehuis – 082 653 6399
At Home – 082 743 0099
Olive Tree B&B – 082 561 4547
Tarentaalrand Gastehuis – 072 672 2361
Blue Rain – 082 928 9340
Die Kalaharihuis – 073 194 2864

Verwelkoming- en afsluitingsfunksie
Die verwelkomingsfunksie en die afsluitingsfunksie vind by restaurante plaas. Die onkostes hiervoor is nie by die kursusfooi ingesluit nie en sal deur jouself vereffen moet word. Terwille van groepdinamika is dit baie belangrik dat almal hierdie etes bywoon.

Jy is baie welkom om jou metgesel saam te bring. Dui op jou registrasiedokument aan indien jy ’n metgesel na hierdie funksie saambring.

KLEREDRAG
Verwelkomingsfunksie
30 Junie 2018
Netjiese informele drag. (Onthou die warm baadjie/jas.)

Vir die duur van die kursus
Dra netjiese, gemaklike klere. Ons beveel aan dat jy bedags laag-op-laag dra sodat jy kan aan- of uittrek na gelang van klimaatsveranderings.
Saans kan dit bitterlik koud wees. Maak asseblief daarvoor voorsiening asook ’n onverwagte en onseisoenale reënbui.

Afsluitingsfunksie
7 Julie 2018
Die restaurant is meer formeel as die eerste een en dit sal daarom raadsaam wees om ’n bietjie meer formeel (semi-formeel) aan te trek.

BRING SAAM
Diegene wat van ver af reis hoef nie alles van die huis af te bring nie. Die kollege is regoor ’n inkopiesentrum geleë waar die meeste goedere asook wegneemetes gekoop kan word.
Maak asseblief seker dat jy die volgende items wel op die eerste dag van die kursus gereed het.

1. HIERDIE IS ’N VEREISTE:
’n Skootrekenaar.
(Liefs nie ʼn tabletrekenaar nie, want as die sein lol, moet ons geheue-stokkies gebruik.)
Twee geheue-stokkies.
U eie mobiele data/Wi-Fi.
2. Skryfbehoeftes:
ʼn Toonbankboek (A4-grootte) OF foliopapier en ’n lêer.
Gom.
Skêr.
Liniaal.
Potlood.
Uitveër.
Penne wat verskillende kleure skryf (Rooi, swart, blou, ens.).
Glimpenne (Highlighters).
3. Tydskrifte (ten minste een van elk) om prente uit te knip:
Modetydskrif soos rooi rose, Sarie of Cosmopolitan.
Reistydskrif soos Weg of Getaway.
4. Koffie, tee, melk, suiker, beskuit of graankos om u deur die nag te sien of om die ergste honger soggens voor die kursus te stil.
5. Verversings en drinkgoed vir laatmiddag indien nodig.
6. Drinkwater. (Slegs twee bottels per persoon word tydens die kursus voorsien.)
7. Klere soos hierbo beskryf is.
8. Kamera of selfoon met ’n goeie kamera.
9. Chroniese medikasie.

BELANGRIKE KENNISGEWING
Dit is wenslik dat die skrywer SONDER ENIGE STORIELYN, gedagtes, karakter en so meer, by die kursus opdaag. ‘n Storielyn, karakters, tonele en handeling sal aan die begin van die werkwinkels ontwikkel word. Daar sal genoeg tyd gegun word vir navorsing, lees van mekaar se teks en die ontwikkeling van nuwe teks.

BESPREKING
Bespreking is NOODSAAKLIK en dit moet voor Saterdag 16 Junie 2018 om 21:00 geskied.

Gaan asseblief so te werk om te bespreek:
Wanneer jy reeds ’n registrasiedokument het
1. Vul die registrasiedokument in.
2. Betaal die deposito.
3. E-pos die registrasiedokument en bewys van betaling na die e-posadres toe: skryfbesigheid@outlook.com
Wanneer jy nog nie ’n registrasiedokument het nie
1. Vra ’n registrasiedokument en kwotasie aan deur ’n e-pos, whatsapp of sms aan Die Skryfbesigheid te stuur.
2. Meld in jou boodskap:
U noemnaam en van.
U telefoonnommer en e-posadres.
Watter opsie jy uitoefen.
3. Aanvaar die kwotasie wat jy ontvang skriftelik en betaal die deposito soos met Die Skryfbesigheid ooreengekom.
4. Stuur ingevulde registrasiedokument en bewys van betaling aan Die Skryfbesigheid by skryfbesigheid@outlook.com

Navrae
Trudy Erasmus
Die Skryfbesigheid
SMS/WhatsApp: 072 210 4385
skryfbesigheid@outlook.com
www.pnskryf.wordpress.com

Merk asseblief wat u verlang:(vereis)

Indien jy reeds ‘n kwotasie aanvaar het, moet u hierdie dokument aflaai en voltooi. Die voltooide vorm moet moet aan skryfbesigheid@outlook.com ge-e-pos word.

1AFR Registrasie vir skryfkursus UPINGTON 2018

 

 

SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES

Hettie du Plessis

Hettie du Plessis het sewe sprokies nuut oorgeskryf en dit is deur Anna Emm Uitgewers op ʼn lekkerluister CD opgeneem.

Die CD word amptelik op Vrydag 19 Mei bekendgestel.

SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES bevat sewe geliefde kinderstories in maklike kindertaal, met lewendige byklanke om 2-5 jarige kleuters se luistervaardighede te ontwikkel.

VOORAF-BESTEL jou CD hierdie week VIR SLEGS R90 (posgeld uitgesluit) deur ‘n e-pos aan info@hettiedp.co.za te stuur! Aanbod slegs geldig tot Maandag 22 Mei 2017. Daarna kan dit teen R100 (posgeld uitgesluit) elk by dieselfde e-posadres bestel word.

Chanette en Gys, trefferkombinasie

penpunt

In 2007 het die, toe reeds gewilde Chanette Paul, volgens haar eie woorde, die sprong gewaag na spanningsromans, en het Springgety die lig gesien. Sy skep die dorpie Kruisbaai, met sy legende van die visvrou en Springklip, en Niemandsdorp, 61km daarvandaan. Ons maak kennis met die plaaslike speurder, Gys Niemand en sy spanmaat, Faantjie Fortuin, wat nóg ‘n onnatuurlike dood moet ondersoek.

Daarna volg Fortuin, wat afspeel teen die agtergrond van ’n Wicca-oord, Paradayskloof. Gys Niemand word weer ingeroep nadat daar reeds twee gaste gesterf het onder vreemde omstandighede. ’n Joernalis besoek die oord met die doel om uit te vind wat daar uitbroei, en probeer vasstel of the eienares engel of heks is. Die vreemde rituele en gebeure, word kleurvol beskryf.

Die derde in die reeks van vyf, heet Boheem, en hierdie keer word daar ‘n moord gepleeg in Bohemia, ‘n kunstenaarskolonie. Kayla, oftewel Katrien Bresselaar, is voorheen…

View original post 189 more words

OPERASIE GEBAKTE PERE

Hettie du Plessis kyk toe terwyl die skrywers, Barend Vos, een van sy boeke vir Hettie teken. Die foto is tydens die Christiana Novellekursus 1 – 7 April 2017 geneem.

JEUGVERHAAL GESKRYF DEUR HETTIE DU PLESSIS

Tiano se ma is ‘n sepie-ster, en sy pa ‘n beroemde sjef. Die paparazzi volg hulle oral. Toe Tiano se liefdadigheidsprojek, OPERASIE GEBAKTE PERE, skeefloop en ‘n klomp mense siek daarvan word, weet hy sommer die storie gaan die voorblad haal. Behalwe as hy dit kan keer…

In ‘n desperate poging om sy fout reg te stel, probeer Tiano en Oom Sampie, die restaurant se kok, om die geheime bestanddeel op te spoor. Maar dis nie so maklik as ‘n nuuskierige joernalis met ‘n kamera jou oral volg nie!

OPERASIE GEBAKTE PERE is ‘n lekkerlees, moderne jeugboek uit die pen van Anna Emm se nuutste skrywer, Hettie du Plessis. Illustrasies deur E. Lanie.

Ondersteun ons skrywer en bestel die boek direk van haar webwerf af: http://www.hettiedp.co.za/Boekwinkel/ Die boek kos R120 en posgeld is R30 ekstra.

Christiana Novellekursus 1 – 7 April 2017

Besprekings vir die novellekursus wat op Christiana van 1 – 7 April aangebied word, sluit binnekort. Daar is nog plek beskikbaar, maar belangstellendes word versoek om onmiddelik met Die Skryfbesigheid in verbinding te tree as hulle nog wil inskryf.

 

Klik hier vir meer besonderhede oor die kursus.

NUUSBRIEF

Twee belangrike sperdatums kom nou vinnig nader!

Op 18 Maart 2017 sluit die inskrywings vir die novellekursus wat van 1 – 7 April 2017 op Christiana aangebied word. Persone wat nog wil inskryf moet baie vinnig van hulle laat hoor, want daar is nog net ‘n paar plekke beskikbaar en die belangstelling is GROOT. Volg hierdie skakel as jy meer oor die kursus wil uitvind.

Oudstudente en persone wat in die verlede aan ons skryfkompetisie deelgeneem het, moet onthou dat hulle bydraes vir ons kortverhaalbundel MOET teen 31 Maart 2017 aan ons gestuur word. Gebruik die adres skryfbesigheid@outlook.com vir bydraes of navrae. Ongelukkig is hierdie projek net oop vir persone wat skryfskole, werkwinkels en kursusse by ons bygewoon het of vir ons kompetisies ingeskryf het.

Moet ook nie van ons skryfkompetisie vergeet nie! Al die inligting is hier beskikbaar.

cropped-cropped-wit-rekenaar-3.jpg